Die wiegende skaal van werk van die huis af…

Ek is seker ek moet drie oë hê en twee antennas op my kop. Nou net geland uit ‘n verre sterrestelesel. Ek probeer glimlag, want ek ken die man wie se gesig groter as lewensgroot op die rekenaarskerm weerkaats. Maar hy kyk my net onthuts aan.

Later kom vertel my man my dat mens net my volle groter-as-lewensgroot agterstewe op die rekenaarskerm kon sien. Ek kry toe twee keer skaam. Een keer vir myself en die tweede keer vir my arme man se onthalwe.

My volle agterstewe nogal! Eish!

Dis nou nie asof ek aangetrek was vir die publiek nie. Niks om oor huis toe te skryf nie.

Ek was regtig nie daarop uit om my man se video-oproep te flash mob nie.

Eintlik wou ek net gou my skootrekenaar en boeke in ‘ons’ studeerkamer gaan haal. Deeglik bewus daarvan dat my man met ‘n oproep besig was. Ek sou net vining wees. In en uit.

Jy het mos al gehoor van afleidings. Afleidings is die Moeder van alle soorte gemors (jy ken die ware bewoording).

Wel, ek het gedink my man is net op die foon besig en nie met ‘n video-oproep nie. Dus, toe ek agter hom verby skuif om my goedjies te kry, toe skitter my agterwêreld baie duidelik op sy rekenaarskerm en vandaar die absolute verskrikking op die ander man se se gesig. Hy het moontlik iets gesien wat nie weer ongesien kan word nie.

Dis nou les nommer een as jou man van die huis af werk.

Les nommer twee is om nie die honde in die huis te laat inkom in die middel van: Raai wat? ‘n Oproep nie.

Tipies het ons honde teen hul normale opgewonde spoed die huis gaan patroleer om al hul mense op te spoor. Toonnaeltjies tik-tik oorverdowend op die houtvloere. Hul spring op teen my man van blydskap, maar oubaas was nie so bly soos hulle nie. Toe hardloop hul luidkeels na die student se kamer toe – hul het nou nog nie geleer sy ontkiem nie voor ongeveer elf uur soggens nie.

En sal Murphy’s law dit toe nou in hê vir ons, want die twee katte kies toe reeds daardie oomblik om mekaar deur die huis te jaag. Met die gevolg dat die honde dit as ‘n heerlike geleendheid sien om die katte te jaag. Blaffend, met die klank van ten minste honderd perdehoewe, dawerend deur die huis. My man steeds besig met die oproep. Ek het maar geskarrel om die studeerkamer se deur toe te maak. Dit was ook nie juis geruisloos nie.

My man kyk my met sulke oë aan, so asof ek nou die honde en katte se batterye moet uithaal.

Dit was gedurende week een. Tans blyk dit dat ons darem ’n ekwilibrium bereik het. Die skaal gaan hang nie meer skuins met elke gebeurlikheid tuis tydens werksure nie.

So tussen die aanpassings in die grendeltyd is daar toe ook pret. Mens moet dit net gaan soek.

Of die man op die skerm ooit gaan herstel, weet ek nie. Maar hy sal beslis iets hê om oor te praat in die toekoms.

6 thoughts on “Die wiegende skaal van werk van die huis af…

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s