Want dis goed vir jou

My nessie is mos nou leeg. En, soos ek aan myself belowe het, gaan ek nou bietjie tyd spandeer aan my eie persoonlike vreugdes. Jy weet stokperdjies en stowwerige ou drome.

Ek het egter nog nooit so baie soos ‘n seekoei in ‘n pienk tutu gevoel nie.

Maar, laat ek eers vertel hoe dit met die leë-nes-mamma gaan.

Na ‘n maand van skeiding, kom kuier my uitskopvoëltjie.

Ek kikker omtrent die huis en haar kamer op, vir die kuier. Al die gunsteling geregte en tjoklits ensovoorts reeds gekoop en reg vir bederf. Dis mos wat ‘n ma is. ‘n Opperse bederwer.

Ons ry die drie ure Bloemfonten toe, laai haar op en ry weer die drie ure terug.

Tuis blaf, tjank en hol die honde in sirkels. Skoon buite hulself van blydskap. Die katte het soos wat katte betaam, die chaos eers vanuit ‘n veilige hoek aankou.

Ek is net so opgewonde soos die honde. Ek gaan haar so bederf dat sy voel sy het te veel veel kondensmelk geëet.

Daar het egter twee dinge met die nuwe leë-nes-mamma gebeur. Nommer een: Poppie wil die heeltyd slaap. Nommer twee: Sy wil kuier, maar nie by ons nie, natuurlik. Haar vriende kry voorrang.

Les: Vriende is steeds belangriker. Maar dit maak nie saak nie. Sy was tuis.

Na die naweek is hierdie mamma weer ernstig besig met haar leersame projekte. Een daarvan is om ‘n pirouette te probeer doen. Ek dink ‘n donkie met ‘n windmeul om sy nek sou dit beter kon doen. Dan was daar die verskillende posisies van die arms, die kop en die lyf. Wat ‘n koekerasie! As ander links gaan, gaan ek regs, of die verkeerde arm is bo. Eenvoudige stappies soos voor-voor, kant-kant en agter-agter, raak opgeklits.

Ek het ook geleer waarom mens die regte skoene vir sekere sportsoorte moet dra. Die sinsnede: “Moenie tuis probeer nie,” het nou vir my sin gemaak. ‘n Pirouette behoort nie met jou plakkies aan gedoen te word nie. Jy gaan óf jou tone óf die plakkie breek. En my tone het maar ‘n wankelrige geskiedenis.

Vir ‘n uur en ‘n half, elke week, sweet ek dat ek soos ‘n nat vis lyk en let wel, ek blaas ook soos ‘n vis op droë grond. Van al die inspanning, natuurlik. Ballet is baie meer uitdagend as wat dit op die oog af lyk en as wat ek kan onthou.

Die belangrikste is, dat mens darem pret moet hê. En mens moet mos bietjie werk ook daarvoor, jou horisonne verbreed en jou naam somtyds met ‘n plank slaan. Dis beslis deel van die proses.

Nie net jou pirouettes, of wat jy ook al as nuwe aktiwiteit probeer, word beter nie, maar jy word meer soepel en jou breinselle word weer uitgedaag. Dis mos goed vir jou.

Suzelle Poole, op die aangehegde foto, is ‘n wonderlike inspirasie vir drome uitleef. Op byna tagtigjarige ouderdom is sy steeds ‘n baie aktiewe en uitmuntende ballerina. In haar eie woorde: “Life is too short. It is never too late to start doing what you love.”

Ons is dit aan onsself verskuldig om ons drome en passies uit te leef, want: Dis goed vir jou. Al kos dit moeite en al voel jy bietjie wankelrig en onseker.

Probeer net.

One thought on “Want dis goed vir jou

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s