Groot take en klein take

En so pak ek toe mos nou die klein takie van verf aan. Ideale tyd, hierdie grendeltyd vir verfwerk in en om die huis, né?

Ek moes net een muur verf.

Dis nou al week vier van die grendeltyd.

Intussen het manlief al die hele huis se geute geskuur en geverf en kindlief het twee deure geverf plus vensterrame en ’n paar deurkosyne.

Net my muur staan nog kaalgat, met sulke wit polyfilla takke wat op dit uitloop asof ek ‘n boom wou skilder, maar nie baie goed is daarmee nie.

Nou vra jy my wat het fout geloop?

Wel, ter verdediging en as aspek nommer een: Die simpele huis wil nie skoon bly nie. Ek weet nie of dit die honde, of ons, of ons tuin is nie, maar jy kan nou stofsuig en ’n uur later sit ‘n nuwe stofstreep so aan die onderkant van die trappe.

Aspek nommer twee: Daar is noodgedwonge mos maar wasgoed en ek probeer my bes om nie stryk werk te veroorsaak nie. Maar helaas, stryk werk sal daar wees. En ek verdra nie goed wat vir sommer net rondlê nie. Dus, koggel daardie wasgoedmandjie met stryk werk my, asof dit die enigste en grootste doel van die mensdom is.

Aspek nommer drie: Op een of ander manier het ek terug in my tiener tydskedule beweeg, want ek gaan slaap al hoe later en staan al hoe later op. Met die gevolg dat alles later gebeur in my huishouding. Dis ‘n hekse sirkel, sê ek jou.

Aspek nommer vier: Ek het steeds my gesin om voor te sorg, al doen manlief meeste aande die braai ding. Daar moet tog bykosse wees.

En laastens – sien sover, dis darem al regtig ‘n mondvol: My eie werk.

Dus, tussen die vuil huis, die wasgoed, verkeerde slaappatrone en oeps ja, ek probeer nog oefen ook intussen, en kos maak en werk en… lê daar ‘n berg (soos Dozi tereg sing) om te oorkom, voor ek kan verf.

Intussen het die kraakvuller ook nog staan en opraak en moes manlief gaan bedel by ander, aangesien daardie winkels tans nie vir ons beskore is nie.

Vandag het dit redelik goed gegaan tussen al die aspekte van my grendellewe deur. Ek het die stof met ’n blindheid van een wat nie wil sien nie aanskou.

En ek was proaktief en effektief tussen die kombuis take en my eie take en het toe waarlik tyd om al die muur wat ek afgeskraap het, finaal met kraakvuller te vul. Sien, ek het half in ‘n beswymende belustigheid ingegaan toe ek ‘n krakie oop krap en ‘n vel ou verf trek af. Toe trek ek amper die hele muur se ou verf af. Dit het gebeur voor manlief my kom wysmaak het dat ek darem nou baie werk vir myself op die hals haal.

My een skoonsus sê altyd: ”But not to worry!” Alles is nou mooi ge-polyfilla en môre sal ek skuur en oormôre sal ek verf.

Of so iets. As die simpele stof net wil uit bly.

2 thoughts on “Groot take en klein take

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s