Ek trek in by Rebusfontein 19

Jammer aan al die mede inwoners dat ek so lank neem om my goed te vat en in te trek, maar hier gaan ek nou.

Ek het die allermooiste huisie gebou. Marshmellow-wolkie mooi en net so sag. Dit het ‘n groot blou deur, sodat almal wat wil kom kuier dadelik weet waar om te gaan klop en breë vensters vir baie sonlig.

Binne is daar vrek baie vrolik-kleurige strooikussings en jy kan sit net waar jy wil. Sien, mens het mos nou nie kwale in Rebusfontein nie. Dus, gaan sit en opstaan is vir niemand ‘n probleem wees nie. Skuinslê is die heel lekkerste. Daar is ‘n kaggel wat altyd en self brand, maar dis nooit te warm of te koud in my huisie nie.

Goggelgonsie het saam met my gekom. Dis ‘n grasgroen buggie en hy kan praat. Vreeslik parmatig met my en het altyd ‘n sê. Selfs oor my kos. Maar nou ja, dit pla my min, want in Rebusfontein is in elk geval net lekker kos. Ek neem aan ons gaan nog baie van Goggelgonsie hoor, omdat hy niks hou van stil wees nie. Gelukkig los ek hom nou in Rebusfontein, sodat ek rus in vrede in my ander lewe kan hê. Ek het reeds ‘n teiener wat genoeg terug praat, juis die rede hoekom Goggelgonsie moes Rebusfontein toe. Julle sal hom baie geniet. Hy is baie skerp.

Aangesien kook nie my forté is nie, aldus Goggelgonsie, het ek Toriegonsie ook saamgebring om vir die koek en eetgoed en als wat lekker is te sorg. Sy kook regtig ‘n wonderwerk uit enige bestandeel uit, maar sy is maar steeks. Moet haar altyd vreeslik smeek en soebat om iets te maak. Sien, sy is mal oor sepies kyk en ek kry haar nie sommer weg voor die televisie nie. Toe bring ek haar saam, want in my marsmellow-wolkie huisie is daar nie ‘n TV nie. Sy weet dit nog nie, maar ek glo sy sal gou gewoond raak aan al die ander opwinding vanRebusfontein.

Nou-ja, ek moet nou eers groet. Die realiteit van my huidige bestaan roep my al half besete. Daar is werk wat ek moet doen voor ek kan kuier.

Dankie, ek glo ek, Goggelgonsie en Toriegonsie gaan net lekker kuier op Rebusfontein!

24 thoughts on “Ek trek in by Rebusfontein 19

    1. Dankie! Ek sal my beste gee. Tans gaan dit net bietjie rof met werk wat ek moet inhandig. 😬Maar dit gaan ook gelukkig verby, dan is daar meer tyd vir die uitdagings. As jul geduldig sal wees met my…

      Like

      1. Met die jongste Towerin-avontuur het ek heeltyd gewonder of ons al die Rebusfonteindiere bymekaar geroep het, dit het al gevoel asof iemand ontbreek. Nou besef ek: dit was die Gonsies! Askies, julle – sal nou beter onthou. Groete van huis tot huis.

        Like

  1. Ek ken jou nie maar welkom. Ek is mal oor pratende voëls so Gonsie kan met my gesels, terwyl jy met die Towerinne gesels. 😊 Ek kannie meer byhou met al die diere en hulle name nie…. so die afgekorte naam sal moet bly.

    Liked by 1 person

  2. Welkom welkom welkom vir jou en Gorrelgonsie en Toeiegonsie. 😁 Ek is seker julle sal baie gelukkig wees in Rebusfontein. Gorrelgonsie en Padella sal sommer groot maats word, glo ek, en iemand wat jan sorg vir kos, is altyd ‘n wenner. Jou huisie klink mooi en pragtig en lekker.

    Liked by 1 person

  3. Gonsies… Ek gaan Danie net eers deur ń sessie moet sit, sy asemhalingsprobleem vlam op sodra hy nuwelinge teekom. Maar dis gelukkig maklik, op Rebusfontein pas almal aan en is daar geen geite nie. Jy is so vreeslik welkom, jy en die Gonsies.🤗

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s