As skribbelaar

Gewoonlik lok hierdie vele reaksies uit, maar niemand blyk tot ‘n vergelyk te kom nie. Mense en sienings verskil mos en ek glo nie dat hierdie verskille tot ‘n wêreldoorlog kan lei nie. Altans, ek hoop nie so nie….

Laat ek dit nou maar erken. Ek is ‘n skribbelaar. Ek hou daarvan om in gepubliseerde gedrukte boeke te skryf.

Wat ‘n sonde!

My laerskool biblioteek juffrou het ons geleer dat boeke heilig is. As sy jou vang om soveel as ‘n per ongeluk pen merkie daarin te maak, kan jy maar weet jy gaan die gevolge dra. Somtyds nie net met ‘n teregwysing nie, maar die onthou word vasgelê op jou hande deur middel van die tradisionele hout leniaal. Jy sal nooit vergeet dat die pen letterlik uit jou hande geval het en self ‘n streep getrek het in die skool se biblioteek boek nie.

So het ek groot geword het met ‘n heilige ontsag vir boeke. Volgens juffrou net ‘n haarbreedte minder heilig is as die Bybel.

Ongelukkig, iewers kort na skool, het ek in ‘n dwaas verander. Die soort waarteen ons biblioteek juffrou ons gewaarsku het: “Dwase skryf op mure, deure en glase.” Gits, ek dink nou eers daaraan dat sy nie melding gemaak het van boeke nie.

Al die jare se selfkastyding was onnodig!

Met die aanvang van my universiteitsstudies het dinge verander. Eers versigtig maak ek aantekeninge met potloot in die allerheilige duur voorgeskewe handboeke. Ek voel skuldig daaroor. Neem my voor om dit later uit te vee. Later kom nooit en die volgende jaar steur ek my nie meer aan die vorige jaar se boeke nie.

Ek raak uitdagend en slaan oor na pen en word ‘n gewoontemisdadiger. Dit pla my al minder en minder.

Toe begin ek met die ondenkbare. Ek skryf in my Bybel. Ek vou varkoortjies van die bladsy hoekies en maak merkies vir latere onthou.

In my geestesoog, sug my biblioteek juffrou hoorbaar terwyl sy oor haar dik bril vir my loer met opgetrekte, dun geplukte wenkbroue (sy was ‘n modieuse juffrou).

Ek het egter nie opgegee nie en op die ou einde my eie reëls opgestel oor wanneer om te skryf en te vou en wanneer nie. Ek skribbel nie in storieboeke nie, want dit word vir ontspanning gelees. Somtyds, jeuk my vingers tog om ‘n pen nader te trek as ek iets moois raak lees of ‘n fantastiese sê ding duik op. Wat maak ek as die boek in digitale vorm is?

Ek is ‘n sterk bestryder van plagiaat, in elk geval.

Logies, skryf ek ook nie in boeke wat aan ander behoort nie.

Maar leersame boeke loop deur onder my skribbelary. Bybelstudie gidse, inligtingsboeke en natuurlik my Bybel. Dis MY boeke en my toonbeeld van liefde aan hulle, juis deur om daarin te skryf, te onderstreep, merke te maak en bladsy hoeke om te vou. Ek voel ek eer eintlik die skrywer/s omdat ek dit wat hul sê wil onthou, as belangrik en leersaam beskou en later weer terug daarna verwys.

Dus, dis my respek aan hulle.

Of jy nou ‘n bewaker van silwerskoon, kladvrye boeke is en of jy nou ‘n skribbelaar is, soos ek. Dis mos maar jou keuse. Dis jou boeke, jou onthou en jou vreugde.

Aan my biblioteek juffrou: Ek het respek vir die liefde wat jy in my gekweek vir boeke…en vrees om nie ‘n boek te respekteer nie.

Op die ou einde het ek my eie manier gevind.

Ek is ‘n trotse ‘n skribbelaar.

Hopelik veroorsaak dit nie ‘n wêreldoorlog nie…

9 thoughts on “As skribbelaar

  1. Ek moet bieg, ek is ‘n medeskribbelaar. Veral my Bybel, nes joune is behoorlik genota. My man is weer totaal die ander pool en voel ek pleeg ‘n misdaad. Net gister het ons hierdie einste gesprek gehad en omdat ek graag eendag self ‘n boek wil publiseer, het ek braaf gestry dat die leser van my boek, my ‘n oneer sal aandoen as hy of sy nie in die blaaie met skribbels sal inbeleef nie.

    Liked by 1 person

  2. Skuldig, ek skribbel in my sielboeke en my Bybel is nommer een op daai rak. Lief my kindle want dit het merkers, onderstreoers en notas vir die skribbeloomblikke. Maar ek waardeer so my skoonma se skribbels as ek dit teëkom in boeke van haar wat nou myne is, ek mis haar baie en so skribbel laat my naby voel. Groetnis.

    Liked by 1 person

  3. Ek behoort ook aan jou klub. My Bybel is volgekrap en geskryf en gemerk – my baba brak het ook al my kosbare Bybel beetgehad ek kon darem als red met selotape Ander boeke loop ook kort kort deur en daarom leen ek nie graag van my boeke uit nie, juis oor die notas.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s