Stoel-stoei

Sal ‘n moedertjie my regtig nou die dag vertel dat sy kan verstaan hoekom my kind sus en so optree….

Gits! Ek het my nogal gewip, maar die slegste was om aan myself en vermoë as ouer te begin twyfel.

Twee en ‘n half dae het ek gewroeg en ‘n behoorlike stoel-stoei gehad (dis wanneer jy op jou stoel sit en allerhande dinge dink wat jy op die ou einde nooit doen nie – somtyds werklik tot jou voordeel!). In elk geval, selfbejammering het soos ‘n swaar nat kombers aan my geklou en ek het in my stoel-stoei vasgesuig.

My kind het met ‘n tipiese tiener willetjie, gesondig. Bykans enige ouer met ‘n tiener ken ‘n soortgelyke storie. Jou selfdenkende kind se gedrag is nie noodwendig die resultaat van jou opvoeding nie. Reg?

Reg.

Toe gooi ek die swaar nat kombers af. Ek wip my ‘n tweede keer vir die veroordelende mamma en die keer so hoog dat die aarde sommer so klein word van vergeit.

Met die, hak my kop vas by die storie van Eli. Eli wat die sondes van sy kinders gesien het, maar niks daaromtrent gedoen het nie. Ek is seker hy het ‘n stoel-stoei daaroor gehad. Hy het gesien daar is fout en waarskynlik vir homself vertel hy moet iets doen, maar toe nooit opgestaan om iets te doen nie. Ek wonder of hy bang was vir die konfrontasie met sy seuns?

Konfrontasie met jou kinders is mos nooit lekker nie.

My volgende stoel-stoei was toe ek bereken hoe kort die tyd is wat jy as ouer gegun word om gebalanseerde bloedjies groot te maak wat weet van reg en verkeerd. Grootmens wêreld-mense. Godgerig.

Ek stoei en ek ril. Deesdae kry almal ‘n wet wat hom of haar beskerm ten opsigte van hul eie idealistiese idees. Niemand weet meer mooi wat reg is of veilig voel nie, aangesien so baie ‘idees’ regte gekry het.

Na hierdie stoel-toei voel ek toe om soos daardie legendariese drie ape my oë, ore en mond net toe te druk en nie eens ‘n skelm kykie te waag nie.

Dis waarskynlik hoe arme Eli ook gevoel het.

Ek stoel-stoei verder. Oor die feit dat ons weet wat by ‘onskuldige tiener kuiers’ aangaan. Ons leer met afgryse hoeveel ‘sogemaamde wettige’ items en ‘regte’, aldus ons tieners, openlik beskikbaar is by hierdie kuiers. Verder is daar vele 18-plusser plekke waarheen minderjariges, skelm en met toestemming van hul ouers gaan (want ouers raak moeg gestry en baklei teen die oormag). Hierdie klubs en restaurante steur hul min aan minderjarigheid en reageer net tydelik as jy hul dreig met ‘n oproep na die gereg. Volgende week gaan hul egter houtgerus voort met hul bedienige aan minderjarges. Daar is eenvoudig geen kommer oor hul lisensies nie, want niemand doen iets daaromtrent nie.

Ons as mammas en pappas stoel-stoei voort.

Ons praat hier, raas en probeer keer en verder sit ons bekommerd en kyk hoe die duiwel kaart speel met ons kinders. Ons kinders wat dom-onnnosel van jonkgeit aandring op hul ‘regte’ van vryheid.

Doen ons beter as Eli?

Behalwe die aarde waarna ons moet kyk, het God kinders aan ons toevertrou. Sy kinders. Niemand kan stry dat hierdie take veeleisend, uitdagend en stoel-stoei-waardig is nie. Maar ons is darem nie alleen nie. Ons kan dit saam in gebed en met behulp van die Heilge Gees in ons aanpak. Ons het mos belowe, het ons nie?

Ten minste weet ons wat om nie te doen nie en dis om soos Eli, niks te doen nie.

Somtyds is dit goed om te stoel-stoei, maar daarna moet jy iets doen. Jy is nie alleen nie mamma. As ons saam baklei vir ons kinders, stoel-stoei ons minder alleen.

2 thoughts on “Stoel-stoei

  1. Hier het jy nou omtrent ń mondvol waarheid kom neerskryf! Ons het nie meer kinders in die huis nie, maar my oudste kleinkind is elf. So wat jy hier sê moet van voor af deur hierdie ouma ter harte geneem word.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s