Tot dan is dit nog nie die einde nie

“Hallo?” Sê ek aan die een met die onbekende nommer op my foon.

“Mr. Van Tonder? How are you, sir? I’m well, thanks for asking.” Die stem beur vrolik voort. “Mr. Van Tonder, we would love to propose to you….”

“Klink ek miskien vir jou soos ‘n SIR?” My stem was ysig.

“Oh, please forgive me. May I speak to Mr. Van Tonder?” My aarde, die persoon praat asof hy geprogrammeer is.

Nee, sê ek, Mr. Van Tonder is nie tans hier nie en ek het nooit gevra hoe dit gaan nie. Ek stel ook nie belang in wat jy verkoop nie, al is dit gratis kaartjies maan toe.

Toe blok ek die nommer – drie oproepe later.

Na my maan-vlieg-relaas het ek ‘n gewete ontwikkel en die nommers amper gaan ontblok, sodat ek om verskoning kon vra.

Jy weet, beroepe verskil – mense ook. Mens verstaan nie altyd ander se beroepe of wat hul omstandighede, drome en redes is nie.

Ken jy die gevoel daarvan om in ‘n werk te wees wat jou elke aand in ‘n verlammende depressie gooi en die volgende oggend met ‘n 10-ton katrol terug sleep werk toe?

Iewers, dalk lank gelede, het jy geluister na ‘n baie oortuigende motiveringsgspreker. Jy het met ‘n huppel terug werk toe gegaan, vervul met nuwe drome en hoop.  Maandag het gekom, ook die volgende Maandag en die Maandag daarna en daarna het jou drome verdun en vermeng met realiteite, rekeninge en verantwoordelikhede.

Tog het daar iets bly klop binne in jou. Daai talent of werk wat, wanneer jy daaraan dink of dit doen, jou opgewonde maak. Dit trek jou altyd nader soos ‘n goggatjie na ‘n straatlig toe en die emosie daarvan gaan nooit heeltemal weg nie.

Dit is jou droom, jou passie, jou Skeppersdoel wat klop, klop, klop.

Draai! Draai jouself na jou droom toe en gee die tree na ons Vader en Skepper toe. “(Na)… Hom wat deur Sy krag in ons werk, (Hy is magtig) om oneindig meer te doen as wat ons dink of bid.” Effesiërs 3:20.

So maklik reduseer mens jouself tot minder as waarvoor jy geskape is.

So maklik vergeet jy dat ons almal se vingerafdrukke verskil. Dit maak jou mos dan regtig uniek.

Dit maak jou nodig hier op aarde. Dit maak jou iemand wat ‘n Skeppersdoel het.

Maar ek is al te oud! Ek kan nie nou meer drome volg nie.“ Probeer jy jouself verdedig.

John C Maxwell se Pa het op ‘n ouderdom van 96 gesê: “There’s no finish line.”

Die finish line op aarde is eers wanneer daar nie meer asem in jou is nie. Maar tot dan…

Is dit nog nie die einde nie!

Tot dan kan jy nog jou Skeppersdoel vind en volg.

2 thoughts on “Tot dan is dit nog nie die einde nie

  1. So waar. Hou baie van jou skryfstuk vandag.

    On Fri, 02 Nov 2018, 8:36 AM Pajamas met sokkies, wrote:

    > pajamasmetsokkies posted: ““Hallo?” Sê ek aan die een met die onbekende > nommer op my foon. “Mr. Van Tonder? How are you, sir? I’m well, thanks for > asking.” Die stem beur vrolik voort. “Mr. Van Tonder, we would love to > propose to you….” “Klink ek miskien vir jou soos ‘n SIR?” My s” >

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s