Peste, Passies en Planete

Dit het nog altyd vir my lekker gelyk om met ‘n tower tapyt te kan vlieg oor al die mooiste plekke in die wêreld. As Aladdin en Jasmine dan nog saam vlieg en ‘A whole new world’ sing, sal my droom perfek wees. Dink net.

Ek is nie besonder mal oor vlieg nie, veral as dit met vliegtuie is. My rede is eenvoudig. Ek haat dit om vir ure ingebondel te sit en soos ‘n hoender in ‘n hok te voel. Kort vlugte is hanteerbaar, maar die langes – o nee!

Aladdin se tapyt lyk na baie meer pret. Bygesê, ek weet nie hoe klou jy vas as Carpet sy wilde draaie oor die stad gooi nie. Dalk is dit ook deel van die tower gevoel – jy kan nie afval nie.

Op Aladdin se tower tapyt kan ek by ondenkbare mooi plekke uitkom en dit kos my niks. Ek kan na die lekkerste en mooiste planeet toe vlieg. My Passie Planeet. Op daardie planeet pla niemand my nie. Ek kan droomverlore rondloop tussen al die duisende stories in my kop. Ek kan woorde verander, belaglike konsepte rondmaal in my kop, verlore raak, opgewonde rondspring tussen idees en net totaal mal gaan. Dis my Passie Planeet!

Ons almal het Passie Planete. Op my liewe skoonsus se Passie Planeet is sy toegegooi onder lap, miljoene idees in haar kop en ‘n naaldwerkmasjien. My dierbare vriendin se Passie Planeet bestaan uit kaartjies met bemoedegende boodskappe, liefde, geduld, sakke vol deernis en oneindige idees vir boodskap kaartjies. Sy het weer ‘n passie vir siek mense.

Daar is sekerlik soveel passies as wat daar mense op aarde is. Die beste deel van passies is dat as jy weer op die towertapyt klim en terug vlieg realiteit toe, kan jy altyd iets saam bring. Dit kan enige iets wees wat jy daar op die Passie Planeet geskep het. Jy kan dit met ander deel. Dit kan vreugde versprei.

Die belangrikste is om tyd te maak om na jou Passie Planeet te vlieg. Dis waar tyd stilstaan en niemand jou beoordeel nie. Jy kan opdaag sonder grimering en met pantoffels. Niemand gee om nie! Dis die plek waar jy herlaai, waar jy weer onthou om lief te wees vir jouself.

Wanneer jy huis toe vertrek, kan dit wees dat jy weer krag het vir jou dag, die week en talle uitdagings.  Dalk voel jy al wat jy doen is om jou besige kleuters se neuse af te vee, doeke te ruil en met ‘n klein potjie agter hul aan te hardloop. Of dat jy permanent taxi ry vir ondankbare tieners, ‘n werk doen wat jou verveel en en en…. Jy ken jou scenario.

Weet jy, mens kan altyd net probeer en kyk of jou Passie Planeet die sleur uit jou dag kan haal!

As jy weer verstrengel raak in die haak-en-steekbos van jou dag, gaan besoek jou Passie Planeet. Elke persoon het een, jy ook!

Pas jouself mooi op. Daar is net een van jou gemaak en dis baie spesiaal!!

One thought on “Peste, Passies en Planete

  1. Daai moet ek erken is n moeilike een. Ek moet daai planeet nog ontdek maar intussen probeer ek die mooi om my raak sien die rustigheid daarvan tap soos die natuur om ons. Xxx

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s