Aspoestertjie het net een glasskoen

Onse liewe Aspoesterjie

Dis wel bekend dat Aspoestertjie baie sleg behandel was deur haar stiefma en stiefsusters. Sak en as was leterlik haar voorland. Maar Aspoestertjie was mooi, liefdevol, opreg en het al die ‘makings’ gehad van ‘n prinses. Tog, het sy alle rede gehad om moedeloos te wees, want al die ander in die hele land het die geleenthede gekry en sy moes tuis bly en werk.

‘n Mens voel regtig vir Aspoestertjie!

Temidde van haar hartseer, daag ‘n goeie feë op en die lewe word ‘n lied vir Aspoesterjie – ten minste vir ‘n paar uur. Daarna moes sy weer terug na haar onaangename bestaan. Net hierdie keer het sy droom-herinneringe gehad, hoop en ‘n glasskoen.

Het Aspoestertjie ooit minderwaardig gevoel? Wel sy het vrolik gesing en haar werk gedoen en gedroom. Sy klink nie juis minderwaardig nie, al was haar omstandighede minderwaardig.

En die aaklige stiefma

Die siefma, hmmm, sy vertel ‘n ander storie. Een van jaloesie, haat, algehele ontevredenheid!

Nou wie was dan die gelukkigste een van die twee gewees?

Dit wil voorkom of ons liewe stiefma die boelie was, die een wat met minderwaardigheid gesukkel het. Die een wat haarself so min lief gehad het en wat dit nie kon verdra om sonskyn op ander te laat val nie.

In ons lewe is daar mos maar altyd die een wat ‘n mens wil laat voel jy is nie goed genoeg nie. Om jouself verder in ‘n ashoop in te plof is daar dan nog die een met die mooier lyf, die slimmer brein, die gewilde een en die een wat al die trofees by die skool wen. Net so, jy is nie alleen nie.

So what!!!

‘So what!’ Iemand mag dalk beter as jy in iets wees, of mooier of ouliker. Jy is weer vir iemand anders al daai goed. En jy weet dit nie altyd nie. Moenie die hoop wat ander in jou sien onder die as in skop omdat jy self dink jy is as nie.

Jy is gemaak in die beeld van God en Hy was baie tevrede gewees met sy skepping. Wie is jy om dit minderwaardig te maak? Jou talente pas net so mooi in die wêreld in as iemand so geliefd en bekend as Moeder Theresa. Jou naam hoef nie groot of bekend te wees nie. Nie almal hoef groot uitvindsels te doen of groot name te kry nie. Al wat jy moet kan wees is jouself, want in dit lê ‘n hoop talente opgesluit, wat die wêreld  vir ander net hier om jou kan beteken.

Jou strategie moet wees om jouself te bewonder deur God se oë. Wees lief vir jouself, dan is dit baie makliker om lief te wees vir ander. Dan is ander nie ‘n bedreiging nie en minderwaardigheid nie die een wat die slagveld in jou wese ontketen nie.

Aspoestertjie se goeie feë het haar ‘n tydslot vir glorie gegee en na die koets terug verander het in ‘n pampoen was daar niks om Aspoestertjie te beskerm nie.

Ons eie sprokie klink baie mooier. Ons het die Heilige Gees wat ons nooit verlaat nie. Aspoestertjie het net ‘n glasskoen en onsekerheid oorgehou. Ons hou geloof oor en die ewige lewe.

More se dag

My liewe mense, more besoek ons ‘n planeet. Kom vlieg saam met my!

Hoop jul het ‘n heerlike aand!!

 

2 thoughts on “Aspoestertjie het net een glasskoen

  1. Ek kan op n manier “relate” met Aspoestertjie se verhaal. Ek self het gesukkel met minderwaardigheid a.g.v lewens omstighede. Tog het ek nooit opgegee nie, tog het ek altyd n saadjie van hoop in my gehad wat ek nie verstaan het hoekom nie. Vandag weet ek, die Here is genadig en is lief vir ons. ons moet net aanhou glo, so moeilik soos dibge kan raak. My fee, my ridder op die wit perd is my man en ek kan net elke dag in dankbaarheid bid. Mooi bly ❤

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s