Skietgebedjies vir vliëende varkies

Enige iets?

Jare gelede gesels ek met ‘n dierbare vrou en sy vertel my iets wat ek nooit sou vergeet nie. Sy sê sy bid tot wanneer sy gaan skoene koop. Ek het gedink dis baie interessant dat mens nou kan bid voor jy skoene koop. Wel, ek bid nietyd voor ek gaan koop nie, maar wel as ek voor die winkelvenster staan en hoop die winkel het daardie mooie skoen op uitstalling in my grootte.

Klein skietgebedjies! My dag bestaan daaruit en het beslis nie net te doen met skoene nie. Dit het te doen met die absolute abc van goed waaroor mens kan bid – enige iets. Van my gesin se veiligheid tot om ‘n verkeerslig groen te vang. As ek met my sussies in die Kaap praat, bid ek weer vir reën en as ek van my vriendin hoor wat baie sukkel met haar gesondheid, bid ek vir haar. Net daar in my kar agter die stuurwiel of stotend agter ‘n winkeltrollie, sommer net enige denkbare en ondenkbare plek.

Wel, dink mooi ….

Ek kan ook vir baie onnoselle goed vra, soos nou die dag toe ek in ongevalle sit met ‘n brulpadda-grootte voet van swelling. Ek het sowaar saggies gebid dat ek tog net nie verniet daar moet sit en my moet skaam omdat ek ‘n sissie is nie. Laat daar tog net darem iets fout wees. My gebed is verhoor – daar was fout. Genoeg fout, want drie maande later is my skietgebedjie nog steeds verhoor! Ek hop steeds op my krukke rond.

‘n Predikant van Australië het ons eendag vertel hy het gebid om te kan studeer en  nou studeer hy aanmekaar. Hy het laggend gesê mens moet passop waarvoor jy bid!

Die beste bly!

Ek dog toe dat dit darem wonderlik is dat ons enige tyd van die dag of nag kan bid en dat God mens geword het. Hy weet mos dan presies hoe redeneer ‘n mens. Die beste is, dat Hy ons vrouens self geskape het en Hy weet presies dat ons heel dag kan ‘worry’ oor verskeie dinge. Van beskerming vir ons kinders tot om die regte kleur skoen te kry by daai nuwe rok.

Ek glo Hy geniet ons nogal baie. ‘Never a dull moment with a girl on the go!’ Ons kan lag, huil, raas, baklei, verras, verlep en uitbundig raak op een enkele dag. En omdat ons so ingewikkeld, versorgend, altyd aan die jaag, bekommerd en wat nog als kan wees, moet ons Hom baie keer laat glimlag en sy kop laat skud. Ek kan my in my verbeelding indunk dat hy sal dink: Sannie is weer op haar beste vandag! Marie soek alweer ‘n verlore varkie, want sy is so verstrooid. Lanie bekommer haar weer te veel. Wag, ek stuur gou ‘n vallende bloeisel om haar dag op te kikker.

Daar is net te veel voorbeelde van ons Vader in elke dag en oomblik.

Altyd versorg!

Al verhoor Hy nie altyd ons skietgebedjies nie, dit maak nie saak nie, Hy wat Almagtig is hoor dit. Al wat belangrik is is dat Hy by jou is en totaal in beheer, al is jy nie.

Ten slotte:

Ek hoop ons kan lekker vriendinne word, saam kuier en vir mekaar skietgebedjies sê vir al ons vlieënde varkies wat ons lewens vul met soveel kleur.

Mag jou dag gevul wees met liefde, vreugde en ons Almagtige Vader!

More kuier ons verder en wie weet watse verassimgs wag als op ons? Hou die spasie dop vir ‘n volgende dag vol vliëende varkies.

5 thoughts on “Skietgebedjies vir vliëende varkies

  1. Ek het ook geleer dat mens versigtig moet wees waarvoor mens moet, in n goeie en slegte manier. Die gesegte wat se” be careful what you wish for” dra definitief gewig. Ek glo ook in skietgebedjies en ek glo ook dat ons Vader hoor. Dankie vir die artikel. xxx

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s